Standaardtemperatuur en -druk

In die chemiese tegnologie stel die term, standaardtemperatuur en -druk (afkorting STD), of standaardkondisies, die verwysingstemperatuur van 0 °C (273.15 K) en die verwysingsdruk van 1 atmosfeer (gedefinieer as 101.325 kPa). Hierdie waardes benader die vriespunt van water en die atmosferiese druk by seevlak.

Let wel dat maatskappye wat natuurlike gas in Europa en Suid-Amerika verkoop, 'n verwysingstemperatuur van 59 °F (15 °C) gebruik i.p.v. 0 °C.

Dit is dus daarom baie belangrik om, wanneer met standard-/normaalkondisies gewerk word, presies uit te vind wat die verwysingsdruk en -temperatuur is.

Tipies word daar gewerk met die volgende[1]:

  • Standaardkondisies (STP): 0 °C (273.15 K) en 101.325 kPa (1 atmosfeer)
  • Normaalkondisies (NTP): 20 °C (293.15 K) (ongeveer kamertemperatuur) en 101.325 kPa (1 atmosfeer)

Dit mag misleidend wees, want indien mens volumevloeitempo normaliseer dan word dit bereken by standaardkondisies, nie normaalkondisies nie.

  1. STP - Standard Temperature and Pressure & NTP - Normal Temperature and Pressure

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search